Vakature: Persoonlike Assistent tot die Bestuur

Fitzanne Estates is op soek na ‘n dinamiese persoonlike assistent om die uitvoerende bestuur te ondersteun.

Jy sal ‘n kritieke rol speel in die ondersteuning van ons uitvoerende span en die doeltreffende bestuur van die besigheid.  Jy sal verantwoordelik wees vir die bestuur van beide debiteure en krediteure, om akkuraatheid, nakoming, en tydige oplossing van aangeleenthede te verseker.

Sleutel Verantwoordelikhede:

  • Bestuur van rekeninge.
  • Handhaaf akkurate en op-datum rekords van debiteure en krediteure.
  • Berei en verwerk van fakture.
  • Bystand in die voorbereiding van finansiële verslae.
  • Verskaf administratiewe ondersteuning aan die uitvoerende span soos nodig, insluitend skedulering, reëlings vir reis, en dokumentvoorbereiding.
  • Algemene kantoor bystand en reelings.

Kwalifikasies:

  • Bewese ervaring as ‘n uitvoerende assistent of soortgelyke rol, verkieslik in eiendomsbestuur.
  • Sterk agtergrond in debiteure en krediteure bestuur.
  • Vaardigheid in rekeningkundige sagteware en MS Office Suite (Excel, Word, PowerPoint).
  • Uitstekende organisatoriese en tydsbestuursvaardighede.
  • Sterk aandag aan detail en akkuraatheid.
  • Doeltreffende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede.
  • Vermoë om onafhanklik te werk en sensitiewe finansiële inligting met vertroulikheid te hanteer.

Stuur asseblief jou CV, dekbrief, en kontakbare verwysings na marli@fitzanne.co.za. Indien jy binne 4 weke geen terugvoer ontvang nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol.